Pay it Forward Christusfees

1_edited_edited.jpg

“Sukses is om te gee sonder om iets terug te verwag!”

Ons is opgewonde om u mee te deel dat ‘n suksesvolle Pay it Forward Christusfees aangebied was vanaf   21 – 26 Mei 2019.  Hierdie  Christusfees is ‘n interkerklike fees waar verskeie gemeentes asook verskeie skole hande gevat het.  Die week was aangebied deur welbekende Gospel sangers en sprekers. Daar was uitreike gedoen na laerskole, hoërskole en ouetehuise. Die week het ook ’n damestee en drie groot gospelaande ingesluit, onderskeidelik in Despatch, Uitenhage en Kirkwood.

 

'n Bietjie meer agtergrond

IMG-20190412-WA0041_edited.jpg

Wie is ons?

Verskeie Uitreik Projekte

Maak 'n Verskil

Harte én hande oop vir pap-projek

IMG-20191107-WA0022.jpg

Weet-Bix Projek

DIE mikpunt was om 30 bokse ontbytpap vir 'n skool se kosprojek in te samel, nou staan 'n sitkamer al propvol met byna 500 bokse wat deur die publiek en plaaslike besighede geskenk is.

-Heilie Combrink-

UD Express

Dié projek is 'n uitvloeisel van die Pay it Forward-gemeenskapsinisiatief waar inwoners van Uitenhage, Despatch en Kirkwood aangemoedig is om goed te doen aan ander.

  Anneli Gouws, een van die groep vroue wat met dié inisiatief begin het, sê hulle het deur Pay it Forward bewus geword van die kosnood by plaaslike skole.

  "By een van die skole wat ons was, het die skoolhoof gesê dat die twee blokkies Weet-Bix wat aan behoeftige leerders voorgesit word, in die meeste gevalle die enigste kos is wat dié leerders per dag eet."

  Na aanleiding hiervan het die Pay it Forward groep besluit om met 'n Weet-Bix Run te begin om dié skool te ondersteun. Besighede en lede van die publiek is aangemoedig om bokse van dié ontbytpap te skenk.

   "Die reaksie was oorweldigend, die gemeenskap se harte is oop. Dit het baie groter geword as wat ons ooit vewag het. Ons het beplan om een skool eenmalig te help, maar nou kan ons al 10 skole vir 'n maand lank help," sê Anneli.

   'n Skenking van 30 bokse is ook deur Jaco en Lizette Janse van Rensburg van die Robertson Christusfees beloof en sal eersdaags op Uitenhage afgelewer word.

   Die afsetpunte vir die Weet-Bix Run is by Levyvale Superspar, Despatch Superspar, Despatch Deli en Algoa Toyota.

   "Pay it Forward het vroeër vanjaar begin en het nou 'n lewe van sy eie gekry. As die een projek opgou, gebeur die volgende een.

   Mense wil gee, maar hulle weet soms nie waar om betrokke te raak nie. Ook wil hulle weet dat dit wat hul gee wel by mense uitkom wat dit nodig het.

   "Een mens kan nie die wêreld verander nie, maar jy kan die wêreld van een mens help verander deur goed te doen," sê Anneli.

Vir navrae oor die Weet-Bix Run bel Anneli Gouws by 081 769 7477

Capture.JPG

Bloedskenk

In samewerking met SANBS en Algoa Toyota Uitenhage

‘n Doelwit van 20 eenhede bloed was gestel deur die SANBS en daar was 69 eenhede bloed geskenk. 

Algoa Toyota se bestuurders het na hierdie uitdaging besluit om 'n "Blood drive" by hulle tak in Uitenhage te hou waar mense elke 60 dae uitgedaag word om nogsteeds te kom bloed skenk.

DIERE.jpeg

SPCA/DBV Donasies

Ons gemeenskap se harte is vol liefde vir ons diere

Tydens die "30 Day Pay it Forward Challenge" was daar 'n groot aantal kos ingesamel vir ons plaaslike DBV.

20190420_105824_edited_edited.jpg

30 Day Pay it Forward Challenge

30 Uitdagings van goed-doen takies

Kontak die Pay it Forward Christusfees Span

Despatch, Uitenhage & Kirkwood

Posbus 2917

Riebeeckhoogte

Uitenhage

6231

081 769 7477

Dankie vir u boodskap!